TUINROETE NUUS - Wilma du Toit, 'n vrou van Oudtshoorn, se familie is bekommerd oor haar na sy vanmiddag om 12:10 laas by die George-polisiestasie gesien is.
Volgens haar dogter, Kiara du Toit, het sy glo haar voertuig by die stasie gelos.
"Sy het haar kar by die stasie gelos en die polisie gevra om ons te kontak om die kar te kom haal. Sy het na dit uit die stasie gehardloop. Niemand weet waarheen sy is nie. Die beampte by die stasie het vir ons gesê hy weet nie of sy in 'n ander voertuig geklim het en of sy te voet weg is nie."
Sy is as vermis aangemeld.
Enigiemand met inligting kan Kiara by 078 285 4404 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’