Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Kort voor 09:00 vanoggend het sowat 200 mense in 'n pretloop ten bate van Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) weggespring.
Die pretloop het by 'n leefstylsentrum naby Odin se terrein in Blanco begin en het later ook daar oor die wenstreep geëindig. Daar was vroegoggend al 'n miernes van bedrywighede.
Talle van die deelnemers - oud en jonk - het eers koffie gedrink en toe nader gestaan vir die pretloop oor 5km.
Die inskrywingsgeld wat ingevorder is, sal gebruik word om Odin,'n dierewelsyns-organisasie, te help.
Van die pretloopgangers het van Odin se honde aan leibandesaam laat draf en loop.
Dit was soms baie warm, maar gelukkig was daar talle waterpunte langs die pad wat lafenis verskaf het.
Waterbakke langs die pad om af te koel. Foto: Eugene Gunning
Van die honde het spontaan afgekoel in van die waterbakke wat vir hulle opsy gesit is. Die hoë temperature het nie die geesdrif gedemp nie. Deelnemers het gevoel dit is die moeite werd om vroeg op te staan.
VIDEO - Aanstap. Video: Eugene Gunning
VIDEO - Van die aanwesiges het van Odin se honde aan leibande laat saamloop/draf. Video: Eugene Gunning
As ek moeg word, is daar iemand byderhand om te help. Foto: Eugene Gunning
VIDEO - Opgewondenheid by die wegspring vanoggend. Video: Eugene Gunning
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’