Helen Thomas, gemeenskapsmobiliseerder van Kansa, het gesê hierdie vroue se toewyding en die ondersteuning wat hulle van die George-gemeenskap ontvang het, maak dit vir die organisasie moontlik om gratis dienste aan die publiek in George en die Suid-Kaap/Klein-Karoo-streek te lewer.
Ansie Swart is aangewys as Vonkelvrou 2012, haar eerste prinses was Pamela Daniëls en tweede prinses Sharon Raubenheimer.
Kansa se dienste sluit in 'n interimhuis vir pasiënte van elders wat behandeling in George ontvang, individuele berading, ondersteuningsgroepe, inligting en voorligting oor kanker, siftingstoetse vir vroeë opspring van kanker, borsondersoeke, PSA-toetse (vir prostaatkanker), papsmere (vir servikale kanker), bloedtoetse vir rektale kanker, stomaterapie, die verskaffing en verhuring van mediese toerusting, prosteses, skaapvelle en pruike, en die verwysing van pasiënte vir palliatiewe sorg.
Kansa se doel is om die impak van kan-ker aansienlik te verminder deur goeie gesondheid in alle gemeenskappe te bevorder. Ons is 'n nie-winsgewende organisasie en leiers op die gebied van kankernavorsing en -voorkoming, vroeë opsporing, ondersteu-ning aan kankerpasiënte asook om die publiek in te lig.

Van links is Vonkelvrou 2012 Ansie Swart, wat die meeste geld ingesamel het, (boonste ry) Milly Botha, Sophie Fortuin, Pamela Daniëls (eerste prinses), Muriel Munro, (middel) Noreen Apollis, Sharon Raubenheimer (tweede prinses), Sonet Calitz, Meri-Lene Simeon, (onderste ry) Sonika Visser, Beroline Barlows, Cynthia Abrahams en Leigh-Anne de Wet.