Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Ryno Verster het uitstekende beeldmateriaal afgeneem tydens die vertrek van die tweede been van die Trans Agulhas Challenge en het dit op sy Facebook-blad geplaas.
Dit wys hoe Phillip Marais (37) en Wikus Claassens (37), albei van Secunda, deur ‘n reuse brander by Die Punt op Mosselbaai, met hulle boot omgeslaan het Vrydag, 29 Desember, net nadat hulle van Santosstrand na Stilbaai vertrek het. Die boot het daarna op die rotse geëindig.
FOTOGALERY - Golf slaan boot om in Trans Agulhas resies
Twee lede van NSRI-stasie 15, Mosselbaai, Bronwynn Weilbach en Marinus Goulooze, het ingeswem om hulle aan wal te bring. Gelukkig het beide Marais en Claassens geen beserings opgedoen nie.
Die boot is later die dag deur die NSRI van die rotse verwyder.
Video - Ryno Verster:
Vorige artikels:
- Trans Agulhas racers en up on rocks
- Trans Agulhas stage two to Stilbaai today
- Trans Agulhas day 1 stage 1
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’