GEORGE NUUS - Die liggaam van 'n vermiste man, Johann Windvogel (26) van Blanco, is Maandagoggend 27 September naby Cherry Creek Estate in Blanco gevind. Die polisie het 'n geregtelike doodsondersoek geopen.
Windvogel is vroeër hierdie maand by die polisie as vermis aangemeld.
"'n Inwoner het sy liggaam Maandag-oggend langs die heining gevind waarna die polisie in kennis gestel is," sê Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies.
Die omstandighede rondom sy dood word nog ondersoek en 'n lykskouing om die oorsaak van die dood vas te stel, sou in die week plaasgevind het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'