GEORGE NUUS - Die regisseur en draaiboekskrywer van die bekroonde Afrikaanse film Vaselinetjie is in die sewende hemel.
Corné van Rooyen het Maandagoggend 'n oproep ontvang met 'n uitnodiging om die film by die Sedona Internasionale Filmfees in Arizona te vertoon.
Die fees van agt dae vind jaarliks plaas en lok duisende inskrywings wêreldwyd.
Speelprente, dokumentêre rolprente, kortflieks, animasie en studente produksies kry 'n geleentheid om op uitnodiging hul werk te vertoon en moontlik 'n kategorie te wen.
Die film Vaselinetjie is gebaseer op Anoeschka von Meck se jeugroman, en is verlede jaar as die 'Beste Film' by die kykNET Silwerskermfees aangewys.
Von Meck was voorheen 'n joernalis van die George Herald en Knysna-Plett Herald (2010 - 2014).
Van Rooyen en sy vrou, René, is beide draaiboekskrywers en medevervaardigers, in samewerking met Film Factory, wat die vervaardiging behartig het.
Van Rooyen het kort nadat hy die nuus Maandag ontvang het, 'n oproep van Von Meck ontvang.
"Anoeschka bel my 'n minuut na ek gehoor het, en vra 'hoe gaan dit met die fliek?'
Toe kon ek die goeie nuus met haar deel," het hy gesê.
"Interessant genoeg wou sy weet want haar oom van Amerika wou weet hoe gaan dit met die fliek. Dit is so toevallig!"
Intussen moet die Van Rooyens planne maak om die fees van 24 Februarie tot 4 Maart by te woon.
"Verblyf en etes word verskaf, maar ons moet self die vervoer betaal. Dit gaan R35 000 kos. Anoeschka sê ons moet ons kar verkoop," het Van Rooyen laggend gesê.
"Die kans om net met mense oorsee te kan skouers skuur is 'n groot geleentheid.
"As jy met 'n film gaan is dit net baie makliker, dan kan mens gesels oor wat jy doen."
In gesprek met die George Herald het Von Meck gesê sy is ongelooflik opgewonde oor die nuus: "My hart is absoluut daar. Arizona is een van my gunsteling plekke in Amerika.
"Hulle wil my graag soontoe vlieg, maar ek kan ongelukkig nie, weens werksverpligtinge. Ag, nou gaan ek weer huil.
"Die filmfees is begin deur bure van my oom-hulle wat destyds saam met hulle van Kalifornië na Sedona getrek het. Dis is hoe amazing dit is."
Van Rooyen wag nog met gespitste ore om te hoor watter ander flieks ook gaan deelneem.
"Dit is nogal moeilik om in te kom by hierdie oorsese filmfeeste. Ons is nie gekeur vir die Berlynse internasionale filmfees (Berlinale) nie."
Die Afrikaanse oorlogdrama Modder en Bloed het verlede jaar die Audience Choice Award in die Best Feature Drama-kategorie by die Sedona-filmfees ontvang.
Die Van Rooyens beplan 'n besoek aan Knysna in Mei, wanneer hulle met die verfilming van Toorbos begin. Toorbos is die laaste van die skrywer Daleen Mathee se bosromans.
Intussen is die egpaar hard aan die werk met die eerste 13 reekse van 'n Afrikaanse familie dramareeks vir kykNET, Alles Malan.
"Ons is tans by die skryffase van die reeks, maar gaan probeer om dit self te vervaardig. Aan die einde van die jaar sal ons begin skiet en hopelik word dit volgende jaar uitgesaai."
"Sedert ek in kennis gestel is dat die Vaselinetjie gekeur is om as genooide gas by die Sedona International Film Festival as Afrikaanse-rolprent gewys te word, lui my foon van die mik af!
"Ek is so oorweldig dat ek al vanoggend perongeluk 'n hondebeskuitjie in my koffie gedompel het van pure adrenalien! Hulle wil my uitvlieg soontoe, maar weens ander verpligtinge sal ek ongelukkig nie nou kan gaan nie.
"Ernstig, wat my regtig ruk is om net weereens lewendige bewyse te hê dat God se Hoër Hand in my lewe besig is, maak nie saak hoe visieloos en twyfelagtig ek soms voel nie."
* The director and scriptwriter of the award winning South African Afrikaans film, Vaselinetjie, are in seventh heaven after receiving an invite to showcase the movie at the Sedona International Film Festival in Arizona. The eight-day festival is an annual event drawing 1000s of entries from all over the world.
Vaselinetjie is based on the book with the same title by Anoeschka von Meck and received the award as 'Best Film' at the 2017 kykNET Silwerskermfees. Before her book was adapted for screen, Von Meck worked as a journalist at George Herald en Knysna-Plett Herald (2010 - 2014). Van Rooyen and his wife, René, who are both scriptwriters, co-produced the movie with production house, Film Factory.
Just after Van Rooyen received the invite on Monday 15 January, Von Meck called.
"Anoeschka literally phoned one minute after I heard, so it was great to share the good news with her. She wanted to know how the movie is doing as her uncle in America was curious. What a coincidence!"
It will cost the Van Rooyens about R35 000 to attend the festival from 24 February to 4 March. "Anoeschka says we should sell our car to cover the costs!" Van Rooyen says with a laugh.
"We have to pay our own travel expenses, but it's a great opportunity to rub shoulders with international players. If your movie is screened at the festival, it is so much easier - then you can talk to people about what you do."
An elated Von Meck told George Herald from the Northern Cape that her friends and colleagues response has been overwhelming. "Since hearing the news, my phone has been going crazy. I am so overcome that this morning I dunk a dog biscuit in my morning coffee!
The organisers want to fly me there, but due to work obligations I can't go. I will be there in spirit. Honestly, what really touches me is the live evidence that God's hand is at work in my life, regardless of how lost and without vision I sometimes feel."
Van Rooyen is waiting with interest to hear which other films will also be competing at the festival. "It's quite difficult to get into these international film festivals. We did not get the nod from the Berlin festival. last year the Afrikaans war drama Modder en Bloed (Mud and Blood) won the Audience Choice Award as the Best Feature Drama at Sedona."
The Van Rooyens will be visiting Knysna in May, when filming of their next film Toorbos (Magic Forest) begins. Toorbos is the last forest novel from the pen of the late writer Daleen Mathee.
Lees verwante artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'