GEORGE NUUS EN VIDEO - Vandag 14 Mei is daardie dag wat mens een van daardie spesiale mense in jou lewe,jou ma, nie mag vergeet.
By Tuiniqua Versorgingsentrum word ma's nie vergeet.
Daar is groot opgewondenheid want in die gees van Moedersdag is inwoners vanoggend met 'n spesiaal versierde kolwyntjie en 'n sakkie koffie bederf.
Annelie Bennet,dienssentrumkoördineerder het gesê dis moontlik gemaak danksy hulp van Solidariteit Helpende hand.
Van die inwoners se kinders kan nie vandag by hul wees en op die wyse word hulle almal bederf.Voorts ook spesiaal laat voel.
Marina Duvenhage (79) het gesê dis wonderlik om so bederf te word.
"Mens voel sommer lig."Peggy Visser (83) het gesê dis fantasties om so bederf te word.
VIDEO - Groot bederf vir inwoners
Die kolwyntjies wat aan inwoners uitgedeel is.
Johan Bennet by die kolwyntjies. Foto's:Eugene Gunning
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’