Update Video
GEORGE NEWS - Nooddienste is steeds op die toneel waar 'n bus met rugbyspelers van Wittedrif, en hul ondersteuners, by Heights Road naby Wilderness Hoogte, die pad verlaat het.
'n Motoris het kort na die ongeluk 'n video geneem van die toneel, waar omstanders staar na die area waar die bus die pad verlaat het.
Die ongeluk het vroeër vanaand plaasgevind. Die span van Wittedrif het glo vroeër vandag teen NMU se span gespeel. Hulle was blykbaar oppad terug huis toe, na Plettenbergbaai, toe die ongeluk plaasgevind het.
Op hierdie stadium is daar geen bevestigde inligting bekombaar nie. Dit is onseker wat die status van die passasiers is.Terugvoer sal gegee word soos inligting bekend raak.
Vorige artikel: Bus accident in Heights Roads, near Wilderness Heights
Video - Toneel van busongeluk (Video: verskaf).
Foto's: verskaf, Facebook
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'