Update
GEORGE NUUS - Die man wie se liggaam bykans twee weke gelede in Groothoek, op die Hansmoeskraal-pad gevind is, is uitgeken.
Bradley Manuel (22) van Syferfontein se liggaam is tydens 'n roetine patrollie deur lede van Pacaltsdorp-polisie in die bosse langs die pad gevind.
Die oorsaak van sy dood is nog nie bevestig nie.
Teen druktyd het Pacaltsdorp-polisie se kommunikasiebeampte, kapt. Lorraine Coetzee, gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie en die ondersoek duur voort.
Speurders fynkam die toneel waar Manuel se liggaam gevind is.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'