Update
GEORGE NUUS - 'n Klein groepie van die onwettige grondbesetters van Moeggehuur, 'n plakkerskamp langs New Dawn Park Primêr in Pacaltsdorp, het vanoggend by die George-munisipaliteit bymekaargekom om aanspraak te maak op die tydelike spoeltoilette wat reeds maande gelede aan hulle beloof is.
Ná 'n gesprek vroeër vanoggend tussen Moeggehuur se verteenwoordigende komitee en die direkteur van behuising, Charles Lubbe, is bevestig dat die inwoners binne die volgende paar dae toilette sal ontvang.
Volgens raadslid Theresa Fortuin, wag die inwoners van dié plakkerskamp reeds 6 maande vir toilette.
"Die mense van Moeggehuur het vanoggend vroeg die koue trotseer en ek is bly dinge lyk asof dit nou na 'n punt kom. Hulle vra nie baie nie. Die toilette gaan 'n groot verskil in hulle lewens maak," sê sy.
Moeggehuur se komiteelede Dalene Valentine (links) en Theresa Fortuin. Agter hulle staan Elandré Lamini en Ashley Phillips.
Lees vorige artikels hier:
- Moeës kan nog ploeg terwyl hulle wag vir Landdros
- Minister vra naamlys
- Plakkers opponeer uitsettingsbevel
- Moeggeploegers staan uitsetting teen
- Nog protesaksie in Proteastraat
- Update: Protests in George
- Grondbesetters bid vir hulp van Bo
- Onderwysers het nié gevlug
- New Dawn Park nou rustig
- Bande brand weer in Proteastraat
- Seaview vat blaaskans na protesaksie vanoggend
- Illegal squatters block Beach Road
- Tyres set alight in Pacaltsdorp
- Polisie onttrek van toneel in Bluegumstraat
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'