GEORGE NUUS - Braaf die boerboel het onlangs saam met die personeel van Helpende Hand verskeie skole in George besoek.
Maar wie is Braaf?
Braaf is soos Superman, maar in khaki klere geklee. Hy is ’n honde-held met ’n skouermantel en al. Tydens sy besoeke was daar na stories geluister en lekker gedans op Braaf se gunsteling treffers.
Braaf staan vir waardes.
"Ons wil graag ons kinders leer dat dit braaf is om soms ook bang te wees, maar die heel braafste is om iemand anders te help wat nie so bevoorreg is soos jy nie," vertel Helpende Hand se Wes-Kaapse assistent streekorganiseerder, Marlise Labuschagne.
"Jy is braaf as jy help, jy is braaf as jy gee. Dit is ons almal se plig om ‘n gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek."
Braaf het ook sy buiging in ’n eksklusiewe strokiesprent gemaak. Braaf die Boerboel spruit uit Boerboel Wear, en is Solidariteit Helpende Hand se held wat na kinders se welstand en toekoms omsien.
Die reeks bestaan uit 10 hoofstukke. Klik hier vir meer inligting.
Braaf die boerboel saam met Helpende Hand se personeel, Alna de Waal, Helpende Hand se maatskaplike werker, Tracey Weideman, 'n lid van die George-tak, en Herman Roesstoff, die Georg-tak se voorsitter.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’