Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Laerskool Outeniqua se skoolkoor het Sondagaand, 10 Junie, aan die gewilde kykNET koorprogram, Sing in Harmonie 2018 deelgeneem. Dit is 'n landwye skoolkoorkompetisie wat reeds in sy sesde seisoen is en jaarliks in gewildheid toeneem.
Twee skoolkore van ons streek, Laerskool Outeniqua en Panorama Primêr van Riversdal, het deelgeneem teen kore in die Kaap. Beide kore het hul onderskeie programme gewen.
Laerskool Outeniqua gaan nou in Desember deelneem aan die Suid-streke finaal wat in Port Elizabeth gaan plaasvind. Die kompetisie word ook deur onafhanklike beoordelaars, Phillip Kotzé en Lizl Gaffley, beoordeel.
Die Sing in Harmonie 2018 opname wat onder leiding van Anthonie Bougas in Laerskool Outeniqua se skoolsaal plaasgevind het, is aangevul deur Laerskool Outeniqua se junior koor, Laerskool Blanco-koor en die Laerskool Outeniqua se vokale ensemble. Daar was ook 'n "wear art" optrede deur Laerskool Outeniqua asook 'n solo-optrede deur Lujah Diedericks.
Die koor van Laerskool Outeniqua word afgerig deur Amanda Hattingh en begelei deur Anne-Marie Buchholz.
Kyk 'n video hieronder:
Laerskool Outeniqua skoolkoor saam met Anthonie Bougas, aanbieder van Sing in Harmonie, tydens hulle optrede. In die voorgrond is die beoordelaars, Lizl Gaffley (links) en Phillip Kotzé. Foto: Izelle Bester
Anthonie Bougas, aanbieder van Sing in Harmonie, saam met Laerskool Outeniqua se koor en afrigter, Amanda Hattingh. Foto: Izelle Bester
Anthonie Bougas, aanbieder van Sing in Harmonie, by die koor van Laerskool Outeniquar. Laerskool Outeniqua het deurgedring na die volgende ronde wat later vanjaar in Port Elizabeth gaan plaasvind. Foto: Wessel van Heerden
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'