TUINROETE NUUS - Die Eden en Sentraal Karoo-distrikskantoor het hul sielkundiges en maatskaplike werkers beskikbaargestel om gedurende dié tyd ondersteuning en berading te bied.
Roger Jacobs van die leerderondersteuningseenheid, sê hulle werk saam met die department sosiale ontwikkeling wat die dienste koördineer en dan SMS'e aan hulle stuur.
Volgens Jacobs bel hulle dan die persone en bied ondersteuning en berading aan die leerders wat dit nodig het. Die psigo-sosiale dienste sê Jacobs is vir enige leerders, van enige skool of area wat voel hulle het hulp nodig.
"Sulke leerders hoef nie net deur maatskaplike dienste te werk nie, hulle kan ons ook self bel," sê Jacobs.
Hy sê die leerders het ondersteuning gevra met verskeie probleme, insluitend dat hulle honger is. Die dienste het begin na die sluit van skole en sal heel moontlik duur tot wanneer skole weer heropen.
Leerders wat berading of net ondersteuning nodig het kan die volgende nommers skakel:
- Roger Jacobs 083 449 2047,
- Gawie Raubenheimer 083 236 8776,
- Thandabanthu Ndamase 065 805 4353 (George),
- Natasha Uys 082 391 7490 (Oudtshoorn)
- Carmen Maloney 082 574 9213
- Gaynor Janeke 079 418 6694 (Mosselbaai)
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'