Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Daar was vanmiddag omstreeks 14:00 'n skietvoorval naby die ingang van Groenkloof Aftreeoord.
Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kaptein Malcolm Pojie, het bevestig dat vier mans in 'n wit Golf 'n konstruksiewerker ingewag het wat op pad was om lone te gaan betaal.
Pojie sê die man moes lone aan werkers uitbetaal.
“Die man het daarin geslaag om weg te ry en daar is een skoot op hom afgevuur wat sy voertuig getref het," het Pojie gesê.
Pojie sê 'n saak van poging tot moord en 'n saak van poging tot roof is geopen.
Volgens Pojie vra die polisie vir enige inligting wat kan lei tot arrestasies. Inligting kan deurgegee word na die George-polisie by 044 803 4733/44.
Kyk 'n video hieronder:
Die polisie het die ingang by die aftreeoord afgeskort.
'n Koeëldoppie op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'