Gallery
GEORGE NUUS - By Rosemoor Primêr is daar vanjaar 'n ekstra gr. 1-klas, en steeds is daar 'n waglys.
Skoolhoof Lionel Muller sê die getal graadeens het gegroei van 123 in 2019 tot 157.
"Ons het vanjaar drie Afrikaanse klasse en 'n Engelse klas met sowat 40 kinders per klas. Ons het 'n waglys vir die Afrikaanse klas." Ouers betaal nie skoolfonds nie en finansies bly 'n uitdaging.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'