GEORGE NUUS - As jy nog nie as kieser geregistreer is nie moet jy jou litte roer.
Die komende naweek, 3 en 4 Februarie, vind ’n registrasienaweek van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) plaas.
Dit is by die onderskeie registrasiepunte waar stembusse gewoonlik is. Dit open soggens om 08:00 en sluit om 17:00. Al is jy as kieser geregistreer is dit ook ’n geleentheid om jou besonderhede op die kieserslys na te gaan.
Dit sal waarskynlik die laaste registrasienaweek voor die verkiesing wees. ‘n Kiesdatum is nog nie aangekondig nie, maar daar word gespekuleer dat die algemene verkiesing in Mei sal plaasvind.
Dis moontlik dat pres. Cyril Ramaphosa ‘n verkiesingsdatum sal aankondig tydens sy openingsrede van die parlement op 8 Februarie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’