Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Vandag (Vrydag 27 Oktober) het matrikulante hul eerste Wiskunde vraestel afgelê.
Dis die vierde vraestel nadat die nasionale eksamen op Dinsdag 24 Oktober begin het.
Die George Herald het saam met twee matrikulante van P.W Botha gesels om te hoor hoe hulle die vraestel ervaar het.
Ryan Weyers (onderhoofseun) en Runique Pedro stem saam dat die Wiskunde vraestel verstaanbaar was.
Weyers sê, “Die vraestel was nie so moeilik soos wat ek verwag het nie.”
Kyk 'n video hieronder:
Albei leerders sê hulle sal die naweek bestee om vir Wiskunde vraestel twee te leer.
Pedro sluit af met, “Ek sal hard leer vir vraestel twee, ek vat dit soos dit kom.”
Runique Pedro sê sy “vat dit soos dit kom”.
ARTIKEL & VIDEO: BRÜMILDA SWARTBOOI, GEORGE HERALD INTERNIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'