Update
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Provinsiale verkeersbeampte is vanoggend, Vrydag 7 Augustus, tydens 'n voorval naby die Pacaltsdorp-brug geskiet.
Polisie is steeds besig op die toneel.
Kaptein Malcolm Pojie, die Suid Kaapse polisiewoordvoeder, het so pas bevestig dat een verdagte kort na die voorval vasgetrek is en die polisie het op twee vuurwapens beslaggelê.
George Herald verneem die verdagte is twee keer deur die polisie raakgeskiet. Sy toestand is bestendig volgens inligting.
Nog moontlike verdagtes word gesoek.
Kyk 'n video hieronder:
Kaptein Malcolm Pojie op die toneel. Foto: Kristy Kolberg
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'