Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Burgemeester Melvin Naik en waarnemende munisipale bestuurder, Reggie Wesso is tans in New Dawn Park om inwoners van Moeggehuur toe te spreek.
Inwoners is vanaf vanoggend vroeg besig met protesaksie in Proteastraat. Hulle het 'n Go George-bus in die straat voorgekeer en brande in die pad, voor en agter die bus begin.
Hulle eis krag en sê die George-munisipaliteit maak elke keer beloftes wat nie nagekom word nie.
Kyk 'n video hieronder.
Vorige artikel: Protesaksie in New Dawn Park
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'