Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Inwoners van Moeggehuur het vroeg vanoggend in Proteastraat, New Dawn Park 'n Go George-bus in die straat voorgekeer en brande in die pad, voor en agter die bus begin.
Hulle eis krag en sê die George-munisipaliteit maak elke keer beloftes wat nie nagekom word nie.
Die Go George-bus is nie beskadig nie.
Die inwoners eis dat die burgemeester, Melvin Naik, hulle kom toespreek oor die situasie.
Verkeer, wetstoepassing en die publieke orde polisie (Pops) is tans op die toneel om die situasie te monitor.
Terwyl die vure in die pad brand, heers 'n byna feestelike atmosfeer met musiek wat speel in die agtergrond. Selfs raadslid Cecil Noble dans met 'n paar inwoners in die pad.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'