Dit was die algemene gevoel onder sprekers tydens Muller se begrafnis verlede Saterdag. Muller is vanuit die NG Kerk Outeniqualand begrawe deur ds. Henry Matthys. Muller het Woensdagoggend 3 April kort na 05:00 die stryd teen kanker verloor.
"Sy was 'n rots en ons is trots daarop dat sy ons suster was.
Sy was 'n uitgesproke mens, 'n omgee-mens wat altyd daar was vir almal wat haar sou nodig hê," het die uitvoerende onderburgemeester, mnr. Daniël Maritz uit 'n familiebrief in die kerk voorgelees.
Die Wes-Kaapse minister van sport en kultuur, dr. Ivan Meyer wat ook 'n gedeelte van die diens bygewoon het, het met verwysing na Muller, gesê: "Daar het 'n boom geval, maar die saadjies wat weer sal groei, het saam met die boom geval om die boom se goeie werk te laat voortleef."
Hy het Muller beskryf as iemand wat in diens van haar medemens was.
Dr. Meyer het 'n boodskap van die federale leier van die DA, me. Helen Zille in die kerk voorgelees. "Raadslid Muller was 'n leier vir die hele gemeenskap. Sy het selfs mense gehelp wat nie eers vir haar gestem het nie. Dit is diensbaarheid."
Sien nog foto's hier.

Familie van wyle raadslid Jacoba Muller dra haar kis verlede Saterdag in die NG Kerk Outeniqualand in.
ARTIKEL EN FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS