Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die inwoners wat vroeër vanaand voor raadslid Cecil Noble se huis byeen gekom het, is terug huis toe nadat hy uitgekom en hulle te woord gestaan het.
Die inwoners het hul ongelukkigheid oor die feit dat hulle nie toilette het nie uitgespreek en gevra dat hy hulle, in sy hoedanigheid as hul raadslid, help om antwoorde by die department van openbare werke te kry oor wat presies die oponthoud is.
Volgens die inwoners het die vorige Wes-Kaapse minister van menslike nedersetting, Bonginkosi Madikizela, gesê hulle kan toilette kry.
Noble, wat tans op siekteverlof is, het onderneem om die bal aan die rol te sit om die verskeie rolspelers teen Donderdag byeen te kry en terugvoer aan 'n afvaardiging van die groep te gee.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel hier: Inwoners met emmers riool vra toilette
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'