"Reisigers wat vir die eerste keer wil vlieg sal dit nou kan doen," het Dave Andrew, hoof uitvoerende beampte van FlySafair, gesê, tydens die lugdiens se amptelike bekendstelling verlede Vrydag, by George-lughawe.
Die lugdiens se eerste vlug van Kaapstad na Johannesburg vertrek vandag. Op 30 Oktober vertrek die eerste vlug van Kaapstad na Port Elizabeth, en op 13 November vertrek die eerste vlug van Kaapstad na George.
Die vliegtuig vlieg na sy bestemming, en vlieg later dieselfde dag weer terug.
Dit werk op 'n beginsel waar diegene wat vroeg bespreek die minste betaal, het Lorna Terblanche, bestuurder vir passasiersdienste, gesê.
"Daar sal elke dag 'n vlug wees, maar nie elke dag 'n vlug op al drie roetes nie," het sy gesê. Kaartjieverkope vir die vlugte het in Julie reeds begin.
Kaartjies van George na Kaapstad, en omgekeerd, kos R399 per enkelvlug. 'n Reisiger kan dus sowat R800 betaal vir 'n
kuier in die Kaap. Vlugte van Kaapstad na Johannesburg kos R499 vir 'n enkelkaartjie.
"Wanneer 'n mens deesdae se petrolpryse in ag neem, gaan dit einlik goedkoper wees om te vlieg," het Terblanche gesê.
Die lugdiens maak gebruik van drie Boeing 737-400 vliegtuie vir die drie vlugroetes. Een vliegtuig kan altesaam 165 passasiers akkommodeer. Kliënte kan vra vir 'n spesifieke sitplek, teen ekstra kostes. Vir R100 meer kan hulle ook vra vir 'n sitplek met ekstra beenspasie.
Brenda Vorster, bestuurder van George-lughawe, is baie opgewonde oor hierdie nuwe lugdiens.
"Ons het 'n lang tyd hiervoor gewag. Mededinging is 'n goeie ding, " het sy gesê. Die roetes word tans ook gevlieg deur SA Express (George na Kaapstad of George na Johannesburg) en SA Airlink (George na Kaapstad en George na Durban).
* Safair launched its new FlySafair domestic air service last Friday at the George Airport. FlySafair CEO Dave Andrew described the airline as a true low cost carrier, allowing its passengers to customise their own flying experience to suit their specific needs. FlySafair's first flight from Cape Town to Johannesburg takes off today, with ticket prices from as low as R499. The flight between Cape Town and Port Elizabeth will launch on 30 October (R399), and the flight from Cape Town to George (also R399) will launch on 13 November.
Klik hier vir fotogalery.
Klik hier vir 'n vorige artikel.

Thandi Magani was een van die kelnerinne wat heerlike happies bedien het tydens FlySafair se amptelike bekendstelling verlede Vrydag.
ARTIKEL: MICHELLEPIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'