Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Jongmense wat wonder hoe mense dit regkry om lank getroud te bly, kan gerus na Kobus (95) en Tokkie (93) Taljaard luister.
Hulle is vandag, 8 Oktober, 73 jaar getroud.
Hulle kom oorspronklik van Ladybrand in die Vrystaat, en is deesdae inwoners van Huis JJ Watson.
Hul een dogter, Susan Wellsted het vanoggend 'n draai by hulle gemaak.
Sy het hulle op 'n uitstappie geneem en seker gemaak hul word bederf.
Die egpaar geniet goeie gesondheid, en het hul resep vir 'n gelukkige huwelik met die George Herald gedeel.
VIDEO - Hoe om 73 jaar lank getroud te bly (Video: Eugene Gunning, George Herald).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'