GEORGE NUUS - Die Outeniquapas was Vrydagmiddag vir 'n kort rukkie gesluit ná 'n motorongeluk waarin twee voertuie betrokke was. Wonder bo wonder het die insittendes in die botsing reg van voor geen ernstige beserings opgedoen nie.
Volgens inligting wat ontvang is het twee motors mekaar getref ná die bestuurder van 'n VW Golf wat uit die rigting van Oudtshoorn gekom het, op 'n draai beheer oor sy voertuig verloor het.
Die man in die Honda was alleen in sy voertuig en is met meganiese kake uit die voertuig verwyder.
Die ander drie pasiënte was in die VW Golf en al vier pasiënte is met geringe beserings deur ER24 na die George-hospitaal vervoer. Hulle is later die middag ontslaan.
Reddingswerkers spook om die beseerde mense te bevry. Gelukkig was daar geen ernstige beserings nie. Foto's: Eden911
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'