GEORGE NUUS - Die brand wat sedert verlede Woensdag 'n pad van verwoesting in omliggende areas van George gesaai het, het Maandag deur Bergplaas, 'n area naby Touwsranten, beweeg. Volgens 'n inwoner, Gavin Kamfer, het die vuur letterlik rondom die huise gebrand, waarna dit verder versprei het na Karatara en die Farleigh-omgewing.
"Ons is veilig," het hy Woensdag gesê. "Net die plantasie by Bergplaas het afgebrand, maar geen huise of diere is beskadig nie. Werkers van MTO het hard gespook om inwoners se huise en diere te beveilig."
'n Ou skoolgebou het wel in die slag gebly.
Ofskoon woonhuise ongeskonde is, het 'n ou skoolgebou wel in die slag gebly.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'