GEORGE NUUS - Die 27-jarige man wat aangekla word van die moord en verkragting van Emerencia Roman (19) van Kleinkrantz in Desember 2019, het Maandag 3 Oktober vlugtig in die George-landdroshof verskyn. Die saak is tot 16 November uitgestel vir verdere ondersoek.
Hy is in September vanjaar in hegtenis geneem. Hy word met DNS-bewyse met die misdaad verbind.
Roman, 'n oudleerder van Hoër Tegniese Skool Eden, se liggaam is Maandagoggend, 9 Desember 2019, omstreeks 06:00, deur 'n verbyganger in bosse in Kleinkrantz gevind.
Sy is laas die vorige Sondagaand by 'n sosiale byeenkoms by 'n huis in die omgewing gesien. Sy het drie steekwonde aan haar nek gehad en was ook wreed verkrag.
Die verdagte se identiteit is bekend aan George Herald, maar omdat hy van 'n seksuele misdryf aangekla word, mag sy identiteit nie bekendgemaak word alvorens hy nie gepleit het nie.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'