Update
GEORGE NUUS - Die Kleinkrantz-gemeenskap vra daadwerklike optrede van die polisie ná die moord van Emerencia Roman (19).
"Ons was altyd 'n baie nou gemeenskap. Nou is die gemeenskap uitmekaargeskeur en ons voel onveilig," het die slagoffer se ma, Mina Roman, aan die George Herald gesê.
'n Verbyganger het Roman se liggaam op Maandagoggend, 9 Desember, in die bosse in Kleinkrantz gevind.
Sy het 3 steekwonde aan haar nek gehad en volgens haar ma dui dit daarop dat sy ook verkrag was.
Voorlopige begrafnisreëlings is vir Saterdag, 21 Desember, getref. 'n Huisdiens sal Saterdagoggend gehou word, waarna die begrafnis in Touwsranten gaan plaasvind.
Vir meer inligting oor begrafnisreëlings kan Joanie Visagie-Jantjies by 084 441 4293 gekontak word.
Lees 'n vorige artikel: Nog 'n jong vrou vermoor
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'