GEORGE NUUS - 'n Talentkonsert word komende Sondag, 26 Januarie by die Wilderness-hotel gehou ter nagedagtenis van wyle Emerencia Roman (19).
Roman se liggaam is op 9 Desember verlede jaar in bosse by Kleinkrantz gevind. Sy is vermoor en het steekwonde aan haar nek gehad.
Die konsert neem die vorm aan van 'n kompetisie waar ywerige dansers en musikante hulle talent kan ten toon stel. Inskrywings sluit Donderdag 23 Januarie. Toegang tot die konsert is gratis. Dit begin om 17:00.
Die afdelings vir dans sluit in hip-hop, modern, baldans, ballet en Afrika-dans.
"Hiermee wil ons as Kleinkrantz-gebedsgroep nader beweeg aan ons jeug en ook met hulle tyd spandeer om te wys ons is lief vir hulle en gee om. Kleinkrantz-gemeenskap is hartseer oor die moord en verkragting van Emmy. Vrou leef in vrees want die verkragter en moordenaar is nog mie gearresteer nie. Ons hoop dat hierdie talentaand ook die hartseer en verlies van Emmy sal help verlig," sê Cedrick Buys, een van die organiseerders.
Vir meer inligting, bel vir Jonel of Jonathan by 044 802 2000.
Verwante artikel: Kleinkrantz vra optrede ná moord
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'