GEORGE NUUS - Die borgtogaansoek van Warren Appels (46), die man wat daarvan aangekla word dat hy sy vriendin, Andresia Alaart (30) vermoor het, is uitgestel na Maandag 11 April.
Appels se formele borgtogaansoek sou vandag, Vrydag 8 April, in die George-landdrosfhof plaasgevind het, maar is uitgestel omdat die ondersoekbeampte weens siekte, nie kon bywoon nie.
Appels is Saterdag 26 Maart op die toneel in hegtenis geneem ná die polisie omstreeks 07:00 die Saterdagoggend deur die verdagte na die toneel ontbied.
Met hul aankoms is die oorledene se liggaam met veelvuldige beserings aan haar gesig en liggaam op 'n matras in die leefarea in Appels se ouerhuis in Llamastraat, Delvillepark, gevind.
Sy is vermoedelik verskeie kere geslaan.
Daar is ook bloed in die gang en tweede slaapkamer van die huis gevind.
Vorige artikels:
- Borgtogaansoek vir moordverdagte môre
- Borgtogaansoek van Delvillepark-moordverdagte uitgestel na volgende week
- Moordverdagte môre in hof
- Kêrel verskyn in hof vir vriendin se moord
- Man (64) vas vir vriendin se moord
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'