Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Munisipale wetstoepassingsbeamptes is tans besig om plakkershutte op 'n stuk grond in Seaview, Bluegumstraat, af te breek.
Inwoners van Seaview kyk toe terwyl die polisie en verkeer die area moniteer.
Sedert sowat twee weke gelede het heelwat grondbesetters op dié grond hutte opgerig. Hulle is meesal agterplaasbewoners van die area wat nie elders 'n heenkome het nie.
Die grondbesetters het hierdie stuk grond Moeggeploeg gedoop, omdat hulle moeg is om te wag vir behuising.
Tans word niemand op die toneel toegelaat nie.
Omstanders is onsteld oor die traangas en skokgranate wat in hulle rigting gegooi word terwyl daar kinders in die omgewing is.
Kyk video's hieronder:
Suzanne Michaels (25) en Brendonisha (1) is oorval deur traangasbomme wat na 'n huis in Hibiscusstraat geskiet is. Hulle was in die huis maar die gas het deur die oop vensters en deure gekom. Saam met hull is Meredith Marks
Piet Malgas van die EFF spreek sy kommer uit oor die kinders wat in die omgewing is terwyl die polisie skokgranate gooi.
Kyk nog 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'