Gallery
GEORGE NUUS - George se matrikulante het vanjaar baie deurgemaak om bo uit te kom en hul matriekeksamen in alle glorie te slaag. Die hoërskole het hard gewerk en kon gister beloon word met 'n toekenning.
Skole in die area het goeie slaagsyfers behaal soos Outeniqua Hoërskool met 99%, Pacaltsdorp sekondêr met 75%, George Hoërskool met 83,5%, PW Botha Kollege met 73,4%, York Hoërskool met 99,4%, Thembalethu Sekondêr met 66,7% Parkdene Sekondêr met 66,1%.
Daar was ook leerders wat matriek geslaag het ten spyte van verlies en leed.
Van hulle het depressie en gesondheids uitdagings gehad. van hulle het familie in die brande verloor, het alleen in 'n hokkie gebly sonder ouers, een het albei ouers verloor. die leerders het nie toegelaat dat hul omstandighede hul onder kry nie, en kon vandag met trots 'n toekenning kry.
Roger Jacobs hoof van gespesialiseerde onderwys en leerder ondersteuning, gee 'n oorsig van die 2018 uitslae
Melvin Naik uitvoerende Burgemeester van George gee boodskap van hoop en motivering.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'