Update Warning: Graphic content
GEORGE NUUS - Lede van die Tuinroete DBV is Sondagaand, 9 Junie, deur 'n grusame toneel in Thembalethu begroet.
Met hul aankoms by 'n huis in Zone 9 het DBV-bestuurder, Salomé Bruyns en veldbeampte, Vanessa Lucas, 'n dooie hond, waarvan 'n gedeelte van haar vel reeds afgetrek was, gevind. Die hond se keel was ook afgesny.
'n Verdagte (21), is kort daarna in verband met die voorval in hegtenis geneem.
Volgens Bruyns was 'n stuk baaltou om die hond se regterbeen gebind en haar linkerbeen was reeds verwyder. Sy is wreedaardig doodgemaak.
"Die vermoede bestaan dat haar voorbene aanmekaar vasgebind was voor haar keel afgesny is," het Bruyns gesê.
Die motief vir die slagting van die hond is nie bekend nie. Die hond se lyk en haar agt babas is van die toneel verwyder en na die DBV geneem.
Die verdagte het Dinsdag 11 Junie in die Thembalethu-landdroshof verskyn waar die saak tot gister, Woensdag 12 Junie, uitgestel is.
Hy verskyn weer op 26 Junie in die hof en bly in aanhouding.
Bestuurder van die Tuinroete-DBV, Salomé Bruyns, het agt babahondjies van die toneel in Thembalethu verwyder ná hul ma brutaal doodgemaak is.
Wette moet strenger toegepas word
Die DBV voel die wette teen dieremishandelaars moet strenger toegepas word om sulke voorvalle te verhoed. "Die probleem wat ons het is dat baie van hierdie gevalle nie vervolg word nie.
Daar is baie streng wette teen dieremishandeling, maar die sake word nie volledig deur die polisie opgevolg nie. Dit het tot gevolg dat verdagtes nie voor die hof gebring of vervolg word nie," sê Bruyns.
Sommige van die gevalle waarna Bruyns verwys is reeds vier jaar gelede aangemeld en niemand het tot dusver in die hof verskyn nie.
Die agt babahondjies op pad na veiligheid by die DBV na hulle uit Thembalethu verwyder is.
Kat met baksteen doodgeslaan
Die vorige dag is Lucas uitgeroep na Lawaaikamp waar 'n kat met 'n baksteen doodgeslaan is. Volgens die DBV sê ooggetuies dat 'n man die kat se gesig met 'n baksteen vermorsel het. Met Lucas se aankoms het die kat geen reaksie getoon nie. Weens die erns van die kat se beserings is daar besluit om haar uit te sit.
'n Klagte ingevolge die dierebeskermingswet is aanhangig gemaak.
Members of the Garden Route SPCA were greeted by a gruesome scene in Thembalethu on Sunday 9 June. Upon arriving at a home in Zone 9, SPCA manager Salomé Bruyns and field officer Vanessa Lucas found a dead dog, partly skinned and with a slit throat.
Lees 'n vorige artikel: Brutal killing of dog in Thembalethu
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'