GEORGE NUUS - 'n Man (49) is vanmiddag dood nadat hy inmekaargesak het by die ingang van George-polisiestasie in Courtenaystraat.
Volgens polisiewoordvoerder sers. Chris Spies het die man net na 16:00 by die stasie aangekom.
Hy het die polisie gevra om sy naasbestaandes te kontak, maar het kort daarna by die ingang inmekaargesak.
Die man is later deur paramedici dood verklaar.
Geen misdaad word vermoed nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'