GEORGE - Tannie Greta Gericke se Malvaprojek kry behoorlik momentum met verskeie be-kende Georgiete reeds aan boord.
Die projek poog om uiteindelik die hele George in malvas te tooi en tannie Greta het haar boodskap ook die naweek by die George Expo uitgedra.
Tannie Greta en haar ondersteuners is volstoom aan die gang met die eerste fase van die projek: Om die George Toerismeburo se voortuin in ‘n malvaparadys te omskep.
Maar om die houers vir die malvas te maak, is plastiekdromme, afvalhout, spesiale vernis en natuurlik ... geld nodig.
Net die arbeid om een groot houer soos op die foto hiernaas te maak kos bykans R100, maar tannie Greta sê dit sal weer tot werkskepping lei.
Knaphandiges se dienste word egter ook met graagte aanvaar.
Om uit te vind hoe jy kan help, bel vir tannie Greta by 044 878 2122 of skakel Ina Scholtz Landscaping by 084 749 1806.