GEORGE NUUS - Pacaltsdorp-polisie ondersoek 'n moord ná die liggaam van Bonginkosi Rangana (30) naby die munisipale rioolwerke in Rosedale Maandagmiddag, 17 Mei, omstreeks 16:05 deur 'n verbyganger gevind is.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het die polisie met hul aankoms die oorledene met 'n oop wond aan sy rug aangetref.
"Die omstandighede en motief van hierdie moord word nog ondersoek en 'n lykskouing sal gedurende die week op die liggaam uitgevoer word om die moontlike oorsaak van dood te bepaal," sê Pojie.
Enigiemand met inligting wat die speurders van Pacaltsdorp kan help om hierdie moord op te los, word versoek om die ondersoekbeampte, a.o. Josh Rondganger by 044 803 9100/30, 079 894 1589 of Stopmisdaad by 08600 10111 te skakel.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
Pacaltsdorp Police is investigating a murder following the discovery of the body of Bonginkosi Rangana (30) who was found along the road near the Municipal Sewerage Works near Eden Park in Pacaltsdorp. The discovery was made on Monday 17 May at about 16:05 when local police were informed of the incident by a passer-by. The victim had sustained an open wound to the back. The circumstances and motive of this murder is still being probed.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'