GEORGE NUUS - Laerskool Blanco het 47 graadeens ingeskryf.
Die waarnemende hoof, Este Terblanche, sê hulle is opgewonde oor die nuwe geleenthede wat 'n nuwe jaar bring, maar is ook gereed om die uitdagings, soos beurtkrag, aan te pak.
"Gelukkig kan klasse voortgaan al is die krag af."
Die skool is een van die oudstes in George en het verlede jaar sy 175ste bestaansjaar gevier.
Graad 1'tjie Bodine Coertzen was opgewonde oor haar eerste skooldag by Laerskool Blanco. Haar broer, Jayden (gr. 5), se teenwoordigheid het gesorg dat sy darem nie te vreemd voel nie. Foto: Alida de Beer
Johan Meyer was opgewonde om aan te meld vir sy eerste skooljaar by Laerskool Blanco. Sy ouers, Wikus en Louisa, het die groot oomblik gedeel toe hy sy plek in die klas ingeneem het.
Johan Barnard (links) en Luke Michaels is twee lewendige mannetjies wat uitgesien het na hul eerste skooldag by Laerskool Blanco. Hulle sit langs mekaar in die klas. Foto's: Alida de Beer
Juffrou Philrene Cronjé het haar gr. 1-leerders welkom laat voel met 'n naamkaartjie vir elk. Gian Innes voel 'n bietjie minder skrikkerig nadat hy syne ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'