Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) het vanoggend (17 Februarie) dankie gesê vir maatskappye en instansies wat by die skool betrokke is. Sonder hulle hulp en borgskappe sou en sal die skool nie suksesvol gewees het nie.
‘n Ontbytgeleentheid is gehou en tydens die geleentheid is ook ‘n glasie geklink om dankie te sê. Die skool is vanjaar 100 jaar oud. ‘n Video waarin onder meer ‘n oorsig gegee is van die skool se roemryke geskiedenis, is gewys.
Talle leerlinge, wat in die verlede op die skool se banke gesit het, het later groot hoogtes in hul loopbane bereik. Heel gepas was ‘n oudleerling, Johann Els, die geleentheidspreker. Hy is op die oomblik die hoofekonoom van Old Mutual.
Els het in 1980 aan die skool gematrikuleer en was destyds een van die topleerlinge.
Hy het vertel dat hy reeds in 1976 sy passie vir ekonomie by die skool ontdek het.
Els se boodskap was dat mense te veel vaskyk in die negatiewe dinge in die land. Daar is baie positiewe dinge wat in die land gebeur. Daar is geleenthede.Dirk Wessels, burgemeesterskomiteelid van die George-stadsraad, Johann Els, hoofekonoom van Old Mutual en Christo Vorster, hoof van die skool.
Daar is wel dinge soos slaggate en beurtkrag. Beurtkrag bied egter sakegeleenthede om krag privaat te kan verskaf.
Hy het voorspel dat inflasie gaan daal en ekonomiese geroei rondom 2% gaan wees.
Oor aanstaande week se begroting het hy gesê hy dink nie die regering sal populisties optree om stemme te wen met die oog op aanstaande jaar se verkiesing nie.
VIDEO: Dankie vir julle hulp
VIDEO: Wees positief
Aanwesiges by die geleentheid. Foto’s: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'