GEORGE NUUS - Divann Goliath (12), 'n outistiese leerder by Carpe Diem-skool, is nie net 'n groot bewonderaar van die groen en blou GO GEORGE-busse nie, maar ook 'n man wat konstant sy eie businfrastruktuur op die gesin se erf in Rosedale bou.
Hy maak kartonbusse en stoptekens, teken paaie en bou skuilings van die môre tot die aand.
Sedert hy meer as 'n jaar gelede vir die eerste keer van sy kunswerke aan die GO GEORGE-kantoor oorhandig het, is hy deeglik ingemessel as die busdiens se heel grootste ondersteuner. Pa David bring hom elke nou en dan vir 'n vinnige kuier by die kantoor.
Tydens hul mees onlangse besoek om sy nuutste busskuiling te kom wys was die knaap oorstelp om sy eie gesiggie op verskeie mure en baniere in die kantoor te sien.
Sy nuutste busskuiling het ook 'n gebreekte paneel – ongelukkig presies soos wat die meeste skuilings in sy buurt lyk.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'