Die 2012 Vodacom George-kaasfeeskomitee het op Donderdag 6 September skenkings aan verteenwoordigers van die organi-sasies in George oorhandig.
Die hoofborg, Vodacom, het vier liefdadigheidsinstansies, naamlik Heavenly Haven, Badisa, Life Community Services en Phambile Shelter for Battered Women, genomineer en R40 000 beskikbaar gestel wat tussen
hierdie instansies verdeel word. Danksy die wins van die EOH-gholfdag, kon Bethesda 'n bedrag van R2 500 ontvang terwyl die Sportscentre Farmland Run 'n bedrag van R2 500 aan Up with Downs oorhandig het. 'n Bedrag van R1 500 is aan Gr.8-tennisontwikkeling na afloop van die Gr.8-tennistoernooi oorhandig.
Johan Smit, skoolhoof van Laerskool Outeniqua, het tydens die oorhandiging gesê dat die skool weereens die gemeenskap van George en die Suid-Kaap bedank wat die 2012-kaasfees ondersteun het. Smit sê in die lig van die huidige ekonomiese klimaat het die fees alle verwagtinge oortref en vergelyk dit baie goed met vorige jare. Hy het die mediaborg, George Herald en al die ander borge bedank en die hoop uitgespreek dat almal weer in 2013 die fees sal ondersteun.

Danksy 'n uiters geslaagde Vodacom George-kaasfees wat vanjaar vir die tiende keer aangebied is, het die borge 'n bedrag van R46 500 aan liefdadigheidsorganisasies oorhandig. By die oorhandigingsfunksie was van hulle teenwoordig om die skenkings te ontvang. Hier verskyn: Agter van links: Johan Smit (hoof: Laerskool Outeniqua), Mandy Lucas (Bethesda), Jolindy Dreyer (Heavenly Haven), Anna King (Phambile), Mariette Jacobs (Up with Downs), Gideon Hugo (Vodacom en hoofborg van die George-kaasfees).

Jolindy Dreyer van Heavenly Haven ontvang 'n prys ter waarde van R10 000 van Gideon Hugo (hoofborg van die Vodacom George-kaasfees) terwyl Benita Milton, feesorganiseerder toekyk.