Update
GEORGE NUUS - Twee verdagtes, wat vir die moord van PJ Hendricks (25) van New Dawnpark in hegtenis geneem is, het gister, Woensdag 2 Februarie, hul tweede verskyning in die hof gemaak.
Diaan Treurnicht (18) en Kevin Sas (25) word van moord aangekla ná Hendricks Saterdagaand, 29 Januarie, in Proteaweg, Pacaltsdorp glo deur 'n groep aangerand is.
Hendricks is na die hospitaal geneem, maar met sy aankoms omstreeks 02:00 is hy dood verklaar.
Hy het ernstige wonde aan sy kop, asook 'n steekwond aan sy nek, opgedoen. Die rede vir die aanval is nog onbekend.
Die twee verdagtes is kort ná die voorval in hegtenis geneem en het Maandag hul eerste verskyning in die hof gemaak.
Hulle het gister weer voorgekom om alternatiewe adresse vir hul borgtogaansoeke te bevestig. Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
VORIGE ARTIKEL: Two arrested for murder
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'