GEORGE NUUS - Icosa se president, Jeffrey Donson, is gistermiddag uit Mediclinic George ontslaan nadat hy vir twee weke intensiewe behandeling weens Covid-19 ontvang het.
Die party se woordvoerder, Dawid Kamfer, het gesê trane van blydskap het gevloei toe 'n groep Icosa-lede, wat Donson met sy ontslag verwelkom het, weer hul leier op die been sien.
"Ons president het by die dood omgedraai. Hy was vir dae in 'n koma. Dit is 'n absolute wonderwerk dat hy weer kan huis toe gaan, ons het gedink ons gaan hom verloor," het Kamfer gesê.
"Vir myself en die leierskap van die party, was hierdie 'n onbeskryflik paar weke, en slaap was ons amper nie beskore nie, maar nou ja, God het geweet die gemeenskap van Kannaland en die res van die land het mnr. Donson baie nodig."
Kamfer bedank almal wat vir Donson se herstel gebid het, met spesiale dank aan die Du Plessis-egpaar wat uit Montagu gereis het om Donson en sy vrou, Abigail, te ondersteun.
Foto verskaf
Foto verskaf
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'