GEORGE NUUS - Danksy die vinnige optrede van nooddiensdienspersoneel kon ‘n hengelaar wat vanoggend (27Desember) op die rotse by Victoriabaai geval het, na veiligheid gebring word. Hy het sy knie ernstig beseer en is na die George provinsiale hospitaal geneem.
Die hengelaar, ‘n inwoner van George, het vanoggend vroeg gaan lyn nat maak by Victoriabaai toe die voorval plaasgevind het. Dit het vanoggend in die gebied gereën en die rotse was baie nat en glad.
Richard Botha, reddingsbestuurder van EMS Garden Route-gebied, het gesê die man is gehelp in die visvang area. EMS het vroeg vanoggend ‘n boodskap gekry dat ‘n hengelaar in die moeilikheid is. Die instansie het dadelik reageer en ‘n ambulans is ook na die gebied gestuur.
Die reddingseenheid, bygestaan deur die Outeniqau Trailrunnersgroep, is na die toneel. Daar is vasgestel dat die man geval het en nie op sy been kon staan nie.
Toue en ‘n draagbaar is laat saak na onder op die rotse. Daar het reddingswerkers hom op die draagbaar gelaai en is hy na bo opgehys. Hy is toe na die ambulans gedra.
Volgens Botha het die reënweer moontlik bygedra tot die voorval. Gelukkig het die man ‘n selfoon by hom gehad met die noodnommer 10177. Hy het die nommer gebel en reddingswerkers kon gaan help.
Botha het ‘n beroep gedoen op hengelaars en mense wat die strand en rotse besoek om versigtig te wees – veral as dit reën.
Die man se toestand is in die stadium bevredigend.
Die hengelaar word na 'n wagtende ambulans gedra nadat hy geval het op die rotse by Victoriabaai.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'