GEORGE NUUS - Soos dikwels die tyd van die jaar word Wiele vir Liefdadigheid se jaarlikse Pote in Nood-veldtog die naweek gehou. Dit is die laaste een van die jaar.
Die veldtog word ten bate van PDSA George gehou. Vroeër vanjaar is ‘n soortgelyke geleentheid ten bate van Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) gehou.
Sondag se hoofgeleentheid word Saterdag 4 Desember voorafgegaan deur die Ride out Africa Dual Challenge. Dit word deur GS-opewêreldkampioen, Chris Meyer, aangebied en begin om 09:00 by die Lions-klubhuis in Yorksraat.
Die hoofgeleentheid Sondag begin om 11:00. Deelnemers vergader in die parkeerarea van Checkers in Yorkstraat. Daarna vertrek hulle via die R102 (ou lughawepad) na OpiSpoor Pub & Grill in Groot-Brakrivier. Alle soorte voertuie is welkom om saam te ry.
Anton Meyer, een van die organiseerders het vandag (Vrydag 3 Desember) gesê al reën dit, gaan dit voort. Daar is genoeg onderdak geriewe by OpiSpoor.
Mense word genooi om iets soos byvoorbeeld sakke kos, blikkieskos, komberse of sagte speelgoed vir die dierekinders te bring.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'