GEORGE NUUS - Twee gewapende mans het vanoggend omstreeks 09:00 'n selfoonwinkel in Markstraat beroof.
Die verdagtes het die winkel binnegekom en na bewering die eienaar en haar 2-jarige dogtertjie met 'n vuurwapen gedreig.
Hulle het met skootrekenaars, selfone en kontant gevlug.
Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
Die polisie is tans op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'