GEORGE NUUS - Laerskool George-Suid volg van vandag, 2 Augustus, af weer ‘n normale skooldag. Tot voor vandag het klasse by baie skole op ‘n rotasiebasis plaasgevind.
Servaas de Kock, voorsitter van Laerskool George-Suid se beheerliggaam, het vanoggend by navraag bevestig dat ‘n besluit geneem is dat leerlinge vir ‘n vol dag skool toe kan terugkeer.
Die besluit is Donderdagaand, 29 Julie, tydens ‘n vergadering van die skool se beheerliggaam geneem.
“Die skool voldoen aan die Covid-19-regulasies soos deur die onderwysdepartement voorgeskryf. Daarom kan ons na normale skooldae terugkeer,” het De Kock gesê.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'