Gallery
GEORGE NUUS - Die dertigste verjaarsdag van Genevafontein-aftreeoord is op Saterdag 22 Julie op luisterryke wyse gevier met ‘n kaas- en wyn geselligheid.
Jimmy Rademeyer, voorsitter van die raad van trustees het die verwelkoming behartig en die oord se bestuurder van die afgelope 21 jaar Eric Bekker, het die verjaarsdagrede gelewer met kostelike staaltjies uit die verlede.
Van die eregaste teenwoordig was die argitek van die oord, Harry Burger en die vorige bestuurder, Henry Hunter. Huidige inwoners het gesellig saam verkeer. Die donateurs, Millers Prokureurs, Grant Thornton Geoktrooieerde Rekenmeesters George en Dawid Smit van Ashton-kelders is bedank.
Die deeltitel-projek van Genevafontein-aftreeoord is deur Boet Schoeman en vennote ontwikkel en die beheerliggaam is op 22 Julie 1987 in die lewe geroep.
Die oord met 91 wooneenhede is gevestig op ‘n gedeelte van die oorspronklike plaas Genevafontein, "That well-known and fruitful farm adjoining the township of George.”
In 'n destydse verkoopsadvertensie is die kleinhoewe waarop Boompie Westraad geboer het in die 1950's beskryf as "The property is well-watered and has two houses upon it. It is within a few minutes drive of the proposed Railway Station (came 1907). The situation is one of the most desirable in the neighbourhood since 3 May 1899."
Toentertyd was daar net wattelbome en enkele dennebome op die perseel van die toekomstige Genevafontein-aftreeoord. Vandag is Genevafontein-aftreeoord met pragtige tuine, netjiese wooneenhede en uitstekende versorgingsoord baie gesog.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'