Update
GEORGE NUUS - Eswill Biel (41), eienaar van Boston's Tavern in Parkdene, is Donderdag 6 September in die Thembalethu-streekhof skuldig bevind aan die koelbloedige moord op Jeanette October (58) wat oorkant sy kroeg gewoon het.
Buiten die aanklag van moord is hy ook skuldig bevind op aanklag van poging tot moord op Curno October, die oorledene se seun, sowel as 'n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Biel is onskuldig bevind op 'n aanklag van poging tot moord op Virgil October, Curno se broer.
Landdros Pumela Yono het in haar uitspraak genoem dat die vyf staatsgetuies se weergawes van gebeure nie heeltemal ooreenstem nie, maar bevind dat dit wel konsekwent is en moontlik is om bo redelike twyfel te bepaal hoe die moord plaasgevind het.
Die tragedie het Maandag 28 November 2016 in Saturnusstraat, Parkdene, afgespeel nadat Biel en October vroeër die middag in 'n woordewisseling betrokke was.
Yono het gesê Biel het later teruggegaan na die huis en October met 'n glas gegooi. Biel het daarna glo 'n voorwerp wat lyk soos 'n knuppel, uit sy motor gaan haal en October teen die kop geslaan.
Biel het die huis verlaat nadat die oorledene se twee seuns Virgil en Curno hom gekonfronteer het. Hy het egter teruggekom met 'n vuurwapen in sy sak. October het probeer keer dat hy die huis binne gaan, maar was vermoedelik van balans weens die hou teen haar kop en kon nie haar huis se voordeur gou genoeg toekry nie.
Sy het omgedraai om te vlug, waarna Biel haar in haar voorkamer in die rug geskiet het.
Biel word op Vrydag 21 September gevonnis.
* Eswill Biel (41), the owner of Boston's Tavern in Parkdene, has been found guilty of the 2016 murder of Jeanette October (58). Magistrate Pumela Yono handed down judgement in the Thembalethu regional court on Thursday 6 September. During her judgement Yono said following an argument with the deceased and her two sons on Monday 28 November 2016, Biel went to his tavern across the road and returned with a firearm. Biel shot October in the back as she fled into her house but failed to shut him out. Biel was convicted on a further charge of attempted murder as well as assault.
He will be sentenced on Friday 21 September.
Lees vorige artikels hier:
- Eswill Biel skuldig aan moord
- Woedende inwoners sluit taverne
- Skieter kry R10 000 borg
- Ontstoke inwoners sluit taverne
- Opvolg: Skieter klap glo hande na moord
- Opvolg: Vrou in haar huis doodgeskiet
- Vrou in haar huis doodgeskiet
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'