GEORGE NUUS - Hoërskool George se koshuisouers het groot gegaan om geld in te samel vir 'n toer wat hulle vir September beplan.
Cecilia Adolph, die koshuismoerder, sê sy en haar man, Trevor, beplan om die gr. 11-koshuisleerders op 'n toer na Kaapstad te neem.
Adolph het Ellen Pakkies, die ma van Lavender Hill in Kaapstad wat in 2007 haar tikverslaafde seun Adam doodgemaak het, genader om haar storie te kom deel. Pakkies se storie lê Adolph na aan die hart.
"Ons oudste seun het ook 'n stryd met dwelms. Die seer van 'n ma om te sien hoe jou kind homself met dwelms vernietig, is onbeskryflik en jy as ouer voel magteloos."
Hulle wou Pakkies in Augustus hier hê vir vrouemaand, maar haar besoek het mooi saamgeval met die fokus op jeugmaand. Sy sê elkeen wat na Plakkies se storie geluister het, kon iets leer en saamneem.
Ivy da Silva, Ellen Pakkies, Liesl da Silva en voor sit Catherine Arendse.
Adolph sê sy het self baie uit Pakkies se storie geleer en dat 'n gebroke riet net soveel wind kan hanteer.
"Sy het geknak sonder dat sy besef het en sy noem pertinent hoeveel vrede sy ondervind het toe sy na hom gekyk het en dit gelyk het asof hy slaap."
All smiles, Jolin Hobbs, Ellen Pakkies en Johnathan Fortuin.
Dit was die skool se eerste poging om geld in te samel vir hul vier dae en drie nagte-toer deur die Wes-Kaap met besoeke na die Distrik Ses-museum, die Suid-Afrikaanse vlootbasis en 'n opvoedkundige toer na die Universiteit van Kaapstad.
Hulle sal ook graag die leerders na die Rooikruis-kinderhospitaal wou neem vir 'n besoek. "Die doel vir die besoek is om leiers vir volgende jaar te identifiseer."
Sy sê hulle het die ouers se ondersteuning om 15 leerders op die toer te neem.
Gaste by die praatjie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'