GEORGE NUUS - Pacaltsdorp Primêr het altesaam vyf klasse vol graadeentjies gisteroggend verwelkom.
Die skoolhoof, Edwin Manuel, sê die oggend het goed verloop en tong in die kies gespot, dat die kinders nie meer huil nie.
Die skool het vanjaar ook drie gr. R-klasse en Manuel sê hy en sy personeel sien uit na die nuwe skooljaar.
'n Baie opgewonde Doellah Deyce het breed geglimlag met sy aankoms by Pacaltsdorp Primêr. Saam met hom is Faiza Deyce en Zadia Deyce.
Nickyle Morris kon nie wag vir sy eerste skooldag nie. Saam met hom is sy trotse ouers, Nicky en Carmelita Morris.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'